Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » nis
nis [boodskap #128520] Wed, 27 November 2019 15:36 na volgende boodskap
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20946
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Nis.
'n Nis.
nis
Afbreking: nis
Uitspraak: /nəs/


Selfstandige naamwoord: nis
Meervoud: nisse
Verkleinwoord: nissie
Meervoud van verkleining: nissies

Betekenis:
• Inham/ holte in 'n muur, meestal vir die uitstal van ornamente.
• (figuurlik) 'n Plek waar iemand hoort; situasie wat iemand pas.

Gebruik:
• Sy het die kosbare beeldjie in 'n nis gesit.
• Hy het 'n vir homself 'n nis in die sakewêreld oopgekrap.

Sinoniem:
• holte
• muurholte

Hiponiem:
• gebedsnis
• grafnis
• koornis

Vertaling:
Engels: niche
Nederlands: nis

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Re: nis [boodskap #146835 is 'n antwoord op boodskap #128520] Wed, 30 October 2024 06:04 Na vorige boodskapna volgende boodskap
COSkeen  is tans af-lyn  COSkeen
Boodskappe: 1
Geregistreer: October 2024
Karma: 0
Junior Lid
Geagte Leksograaf,

Die inskrywing oor die woordjie NIS in die Super woordeboek geniet ek, maar daar is 'n vraag daaroor:

Dit het nie dieselfde betekenis as die Engelse woord NICHE nie?

a comfortable or suitable position in life or employment.
"he is now a partner at a leading law firm and feels he has found his niche"

Kan u die Afrikaanse betekenis aanpas om voorsiening te maak vir hierdie betekenis ook, of bly u by die letterlike geskiedkundige betekenis?

Baie dankie.
Re: nis [boodskap #146836 is 'n antwoord op boodskap #146835] Wed, 30 October 2024 11:02 Na vorige boodskap
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20946
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
Baie bankie vir die terugvoer. Ek het die inskrywing aangepas.

Hoop dit help.
Groete.
Vorige onderwerp: aanliggend
Volgende onderwerp: difterie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sun Dec 22 05:41:23 UTC 2024