lok [boodskap #128514] |
Mon, 25 November 2019 20:00 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
lok
Afbreking: lok
Uitspraak: /lɔk/
Selfstandige naamwoord: lok
Meervoud: lokke
Verkleinwoord: lokkie
Meervoud van verkleining: lokkies
Betekenis:
• 'n Bondel hare; haarlok; haarkrul.
Gebruik:
• Die meisie het pragtige goue lokke.
Vertaling:
Engels: lock, curl
Nederlands: lok
Werkwoord: lok
Verlede tyd: het gelok
Teenwoordige deelwoord: lokkende
Betekenis:
• Mens of dier verlei om êrens heen te gaan.
Gebruik:
• Die muis word met kaas in die slagyster gelok.
Afgelei:
• lokval
• lokvink
• uitlok
Vertaling:
Engels: to entice, lure, bait, decoy
Nederlands: lokken
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|