potjierol [boodskap #128504] |
Mon, 25 November 2019 14:02 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
potjierol
Afbreking: pot•jie•rol
Samestelling: potjie + rol
Selfstandige naamwoord: potjierol
Meervoud: potjierolle
Betekenis:
• 'n Kort, dik persoon. Iemand wat lekker rond en vet is
Gebruik:
• Die potjierol het toe goed grootgeword, kyk hoe dun en vaartbelyn is sy nou.
Sinoniem:
• dikkerd
• pokkel
• vetgat
• vetsak
• vettie
Vertaling:
Engels: podge
Nederlands: vetzak
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|