holte [boodskap #128500] |
Sun, 24 November 2019 20:35 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
holte
Afbreking: hol•te
Uitspraak: /ˈɦɔl.tə/
Selfstandige naamwoord: holte
Meervoud: holtes
Verkleinwoord: holtetjie
Meervoud van verkleining: holtetjies
Betekenis:
• 'n Leë, hol ruimte in iets.
• 'n Plek wat ingeduik of teruggesak is
Gebruik:
• Daar is 'n holte in die muur.
• Daar is gevaarlike holtes in die pad.
Spreekwoord:
• Geen rus vir die holte van jou voet nie. [Vind nêrens rus nie.]
• Hy hou my in die holte van sy hand. [Heeltemal in iemand se mag wees.]
Antoniem:
• bult
Afgelei:
• beenholte
• boomholte
• buikholte
• holtedier
• liggaamsholte
• skedelholte
• voetholte
Vertaling:
Engels: cavity, hole, hollow
Nederlands: holte
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|