motief [boodskap #128494] |
Sun, 24 November 2019 16:56 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
motief
Afbreking: mo•tief
Uitspraak: /mʊə̯ˈtif/
Selfstandige naamwoord: motief
Meervoud: motiewe
Betekenis:
• Die rede om iets te doen.
• 'n Herhalende patroon.
• Onderwerp van 'n boek of verhaal; die leidende gedagte agter die storie.
Gebruik:
• Die man het geen motief vir die moord nie.
• Haar rok het 'n vreemde motief.
• Daarom is dit 'n deurlopende motief in die boek.
Sinoniem:
• bedoeling
• beweegrede
• dryfveer
Afgelei:
• bymotief
• winsmotief
Vertaling:
Engels: motive, reason; motif, pattern
Nederlands: motief
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|