| kroon [boodskap #128485] |
So., 24 November 2019 09:35 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24908 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
'n Kroon.
kroon
Afbreking: kroon
Uitspraak: /krʊə̯n/
Selfstandige naamwoord: kroon
Meervoud: krone
Verkleinwoord: kroontjie
Meervoud van verkleining: kroontjies
Betekenis:
• 'n Hoofdeksel wat deur 'n vors gedra word.
• (figuurlik) Metafoor vir die "vors".
Gebruik:
• Die koning se kroon skitter van die juwele.
• Daarvoor sal jy toestemming van die kroon moet kry.
Spreekwoord:
• Iemand die kroon van die hoof neem. [In die skande steek.]
Vertaling:
Engels: crown
Nederlands: kroon
Werkwoord: kroon
Verlede tyd: het gekroon
Teenwoordige deelwoord: kronend, kronende
Verlede deelwoord: gekroonde
Betekenis:
• Om iemand as koning of koningin aan te stel deur tydens 'n seremonie 'n kroon op sy of haar kop te plaas.
Gebruik:
• Hy is op die dag gekroon.
Vertaling:
Engels: to crown
Nederlands: kronen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|