Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » kloof
kloof [boodskap #128467] Sat, 23 November 2019 08:54
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20946
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Kloof.
'n Kloof.
kloof
Afbreking: kloof


Selfstandige naamwoord: kloof
Meervoud: klowe
Verkleinwoord: klofie
Meervoud van verkleining: klofies

Betekenis:
• Die vallei (gaping) tussen twee berge. 'n Diep rivierdal met steil wande wat deur erosie uitgedolwe is.
• (figuurlik) 'n Groot afstand, verwydering of verskil.

Gebruik:
• Baie studamme is in klowe gebou.
• Daar is 'n groeiende kloof tussen die ryk en arm lande.

Sinoniem:
• ravyn

Vertaling:
Engels: gorge, ravine, glen; gap, split
Nederlands: kloof


Werkwoord: kloof
Verlede tyd: het gekloof

Betekenis:
• Om langs 'n breukvlak in twee te kap; splits.

Gebruik:
• Hy kloof die diamant in kleiner dele.

Spreekwoord:
• Julle kloof hare. [Oor onbenullighede stry.]

Vertaling:
Engels: to split, cleave
Nederlands: kloven

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: klok
Volgende onderwerp: klop
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sun Dec 29 09:38:06 UTC 2024