Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » klok
klok [boodskap #128466] Sat, 23 November 2019 08:38
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20946
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Klok.
'n Klok.
'n Kerkklok.
'n Kerkklok.
klok
Afbreking: klok
Uitspraak: /klɔk/


Selfstandige naamwoord: klok
Meervoud: klokke
Verkleinwoord: klokkie
Meervoud van verkleining: klokkies

Betekenis:
• 'n Groot horlosie (toerusting wat die tyd hou).
• 'n Hol instrument wat 'n geluid maak as 'n voorwerp dit aan die binnekant slaan.
• 'n Knoppie by 'n voordeur wat mense druk as hulle wil ingaan; deurklokkie.

Gebruik:
• Die klok het ses-uur geslaan.
• Hy lui die kerk se klok.
• Lui die klokkie, anders gaan ons nie weet julle is hier nie.

Spreekwoord:
• Hy hang dit aan die groot klok. [Oral rondvertel.]
• In 'n mens se eie huis tik die klok die mooiste. ['n Mens is op jou gemak in jou eie huis.]
• Die klok hoor lui, maar nie weet waar die bel hang. [Iets van 'n saak gehoor, maar weet niks van die besonderhede.]

Hiponiem:
• kerkklok
• skoolklok
• voordeurklok

Afgelei:
• klokgieter
• klokhelder
• klokkenis
• klokslag
• klokkespel
• kloktoring
• kloktou

Vertaling:
Engels: bell; clock
Nederlands: klok

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: kliphard
Volgende onderwerp: kloof
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sun Dec 29 09:08:59 UTC 2024