kliphard [boodskap #128465] |
Sat, 23 November 2019 07:30 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
kliphard
Afbreking: klip•hard
Samestelling: klip + hard
Byvoeglike naamwoord: kliphard
Attributief: klipharde
Betekenis:
• Iets wat baie hard is; so hard soos klip.
• Baie hard werk.
• Iets wat baie hard voel of klink.
Gebruik:
• Die lekkergoed is kliphard.
• Hy werk kliphard om alles betyds reg te kry.
• Sy speel die musiek kliphard. Ek sal vir jou kliphard slaan.
Sinoniem:
• klipsteenhard
• rotshard
Antoniem:
• papsag
Vertaling:
Engels: hard as stone; very hard; out loud, full blast
Nederlands: steenhard
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|