Betekenis:
• Wat mense aantrek om hulle liggame te bedek.
Gebruik:
• Gooi jou vuil klere in die wasmasjien.
• Mense is die enigste diere wat klere dra.
Spreekwoord:
• Dit gaan nie in sy klere sit nie. [Dit raak 'n mens diep.]
• Die klere maak die man. ['n Mens word dikwels na jou uiterlike voorkoms beoordeel.]