Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » klavier
klavier [boodskap #128444] Vr., 22 November 2019 05:31
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 24152
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Klavier.
'n Klavier.
klavier
Afbreking: kla•vier


Selfstandige naamwoord: klavier
Meervoud: klaviere
Verkleinwoord: klaviertjie
Meervoud van verkleining: klaviertjies

Betekenis:
• 'n Groot musiekinstrument met 'n toetsbord van klawers en twee of drie pedale.

Gebruik:
• Tradisioneel het 'n klavier drie pedale, die een links is vir sag, die een in die middel is vir geweldig sag en die een regs is om die note aan mekaar te bind.

Sinoniem:
• piano

Hiperoniem:
• slaginstrument
• snaarinstrument
• toetsinstrument

Hiponiem:
• buffetklavier
• vleuelklavier

Afgelei:
• klavierbegeleiding
• klavierkas
• klavierklawer
• klavierkonsert
• klavierles
• klaviersnaar
• klaviersolo
• klavierspel
• klavierspeler
• klavierstemmer
• klavierstoel
• klavierstoeltjie
• klavierstuk

Vertaling:
Engels: piano
Nederlands: piano, klavier

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: klassiek
Volgende onderwerp: kledingstuk
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa. Des. 20 14:11:15 UTC 2025