Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » sel
sel [boodskap #128432] Wo., 20 November 2019 18:56
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 24230
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
sel
Afbreking: sel
Uitspraak: /sɛl/


Selfstandige naamwoord: sel
Meervoud: selle
Verkleinwoord: selletjie
Meervoud van verkleining: selletjies

Betekenis:
• 'n Klein kamertjie, soos in 'n tronk.
• 'n Element van 'n tabel.
• (biologie) Basiese eenheid van 'n lewende organisme.
• (fisika) Energiebron vir 'n elektriese stroombaan.

Gebruik:
• Hy is alleen in 'n sel opgesluit. 'n Tipiese sel het 'n bed, toilet en 'n wasbak.
• Teken 'n tabel met 12 selle.
• Die  kern dra ook die erflikheidseienskappe van die sel deur middel van die gene wat op die chromosome geleë is.
• Is die selle parallel of in serie gekoppel?

Hiponiem:
• byesel
• kankersel
• spermsel
• stamsel
• tronksel

Afgelei:
• seldeling
• selkern
• selmaat
• selmembraan
• selrespirasie
• selwand

Vertaling:
Engels: cell
Nederlands: cel

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: sweep
Volgende onderwerp: klaskamer
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So. Des. 28 11:34:26 UTC 2025