Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » klank
klank [boodskap #128424] Wo., 20 November 2019 05:39
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 24357
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
klank
Afbreking: klank
Uitspraak: /klaŋk/


Selfstandige naamwoord: klank
Meervoud: klanke
Verkleinwoord: klankie
Meervoud van verkleining: klankies

Betekenis:
• 'n Geluid wat 'n mens kan hoor.

Gebruik:
• Die omvang van klank wat vir die menslike oor hoorbaar is val ongeveer tussen 20 Hz en 20 kHz.
• By seevlak, en teen 'n temperatuur van 0 °C, beweeg klank met 'n snelheid van ongeveer 330 m/s, of 1 220 km/h.

Hiponiem:
• byklank
• drieklank
• eenklank
• keelklank
• klapklank
• neusklank
• oorgangsklank
• sisklank
• suigklank
• tongklank
• trilklank
• tweeklank
• wanklank

Afgelei:
• klankbaan
• klankbord
• klankdemper
• klankdig
• klankeffek
• klankelement
• klankfilm
• klankgehalte
• klankgetrou
• klankgevoelig
• klankgewaarwording
• klankgolf
• klankgreep
• klankgrens
• klankleer
• klankloos
• klankmeter
• klanknabootsing
• klankprent
• klankryk
• klankverskuiwing
• klankverskynsel
• klankversterker
• klankvolume
• klankvorming
• klankwet

Vertaling:
Engels: sound, noise, ring, tone
Nederlands: geluid, klank


Werkwoord: klank
Verlede tyd: het geklank
Teenwoordige deelwoord: klankend, klankende
Verlede deelwoord: geklankte

Betekenis:
• Om die letters van 'n woord uit te spreek.

Gebruik:
• Die kinders klank die woorde hardop.

Vertaling:
Engels: to sound out
Nederlands: klanken

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: klam
Volgende onderwerp: klant
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do. Jan. 29 06:21:23 UTC 2026