sabbatskennis [boodskap #128413] |
Ma, 18 November 2019 14:47 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20786 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
sabbatskennis
Afbreking: sab•bat•sken•nis
Samestelling: sabbat + skennis
Selfstandige naamwoord: sabbatskennis
Meervoud: –
Betekenis:
• Die skending of verbreking van die Sabbat soos gebied in Eksodus 35:2.
Gebruik:
• Sommige van die Jode het Jesus van sabbatskennis beskuldig.
• 'n Droewige gesig word gegee van soveel sabbatskennis in die land.
Sinoniem:
• sabbatskending
Vertaling:
Engels: sabbath desecration
Nederlands: sabbatschennis
Nota:
• Met eerste opslag lyk dit of die woord verwys na kennis oor die sabbat, en sommige kan dit dalk so bedoel, maar "skennis" in die konteks beteken ontheiliging, skending of ontering.
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|