Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » greep
greep [boodskap #128410] Mon, 18 November 2019 11:38
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20946
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
greep
Afbreking: greep


Selfstandige naamwoord: greep
Meervoud: grepe
Verkleinwoord: grepie
Meervoud van verkleining: grepies

Betekenis:
• 'n Grypende beweging of houvas op iets; omklemming.
• 'n Stuk van iets, soos 'n lettergreep of videogreep.
• (rekenaarwetenskap) Die kleinste adresseerbare gedeelte van ’n rekenaar se geheue.

Gebruik:
• Hy skud my blad met 'n stewig greep. Handvatsels word gevorm sodat die gebruiker 'n beter greep op die gereedskap kan kry.
• 'n Greep vanuit fliek is op YouTube beskikbaar.
• By moderne rekenaars bestaan ’n greep uit 8 bisse.

Afgelei:
• dubbelgreep
• draaigreep
• handgreep
• lettergreep
• staatsgreep
• wurggreep

Vertaling:
Engels: clutch, grasp, grip; byte
Nederlands: greep

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: kersie
Volgende onderwerp: bis
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sat Dec 28 01:30:36 UTC 2024