Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » vors
vors [boodskap #128402] So., 17 November 2019 20:16
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 24152
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
vors
Afbreking: vors


Selfstandige naamwoord: vors
Meervoud: vorste

Betekenis:
• 'n Heerser, soos 'n koning, prins, monarg of keiser.

Gebruik:
• Die vors van die duisternis doen hom soms voor as 'n engel van die lig.

Antoniem:
• vorstin (vroulik)

Homofoon:
• fors (kragtig, stewig, sterk)

Vertaling:
Engels: ruler, king, monarch, prince
Nederlands: vorst


Werkwoord: vors
Verlede tyd: het gevors

Betekenis:
• Om noukeurig te ondersoek; in diepte te bestudeer.

Gebruik:
• Die boewe het agtergekom dat iemand na hulle geheime vors.
• Dis tog 'n feit, daar hoef nie verder gevors te word nie.

Afgelei:
• navors

Vertaling:
Engels: to investigate, search
Nederlands: vorsen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: onkruid
Volgende onderwerp: fors
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa. Des. 20 14:11:41 UTC 2025