Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: Verskuilde krag/vloekwoorde
Re: Verskuilde krag/vloekwoorde [boodskap #11616] Mon, 01 December 1997 00:00
Atlas`  is tans af-lyn  Atlas`
Boodskappe: 25
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Junior Lid
On 1 Dec 1997 18:22:35 GMT, "Alwyn Nel" wrote:
>
> Natuurlik kon ek nie 'n woord verstaan nie, behalwe vir die "Jissis!!!" wat
> sy ge-uiter het elke keer net voor sy asem skep, om die nuwe tirade te
> begin. So 'Jissssisss...." En ek hoor al hoe meer swartmense dit daagliks
> gebruik.
>
> Nou kyk, dit sny deur murg en been, want sy druk dit hier vanaf die kern
> van haar siel uit. Ons almal weet tog "Jissis" is 'n versagwoord vir
> Jesus. Nes 'gonna" 'n versag woord is vir God, en "hene" eintlik Here
> beteken en "jissie of jislaaik" ook maar versagwoorde vir Jesus is.
>
> "Aarde ons" overgesetsynde - my hel! Wat beteken die uitdrukking: "my
> magtig!"? Wie is magtig? God is. So jy kon netsowel gese het - my God! En
> so is daar nog seker 'n goeie gros van verskuilde krag/vloekwoorde.
>
> Nou wonder ek net. Hierdie vrou het duidelik nie die vaagste begrip van die
> woord wat sy so doodluiters uiter nie. Moet mens haar wys maak daarop?
> Sekerlik sal dit onmiddelik gesien word as 'n rasistiese aangeleendheid.
>
> Alwyn

As sy regtig nie besef dat die woorde wat sy gebruik eintlik verband
hou met iets anders nie, dan is dit mos in die eerste plek tegnies
gesproke nie vloekwoorde nie... 'n Vloekwoord word mos met opset
ge-uiter. Of "hene" regtigwaar na God verwys hang seker van die
individu af. My punt is net dat indien EK dit nie so sien en gebruik
nie, kan dit onmoontlik nie as vloekwoorde of verkeerd gesien word
nie. Dis alles relatief en gebaseer op opinie.

Ek is egter seker dat die vrou by die kasregister tog weet waarna
"jissis" verwys.

Groete

Atlas`
============================================
Please remove NOSPAM in front of @ to reply
Homepage: http://home.global.co.za/~brynie
Vorige onderwerp: Re: Herfs en Halloween
Volgende onderwerp: Re: Aan Gloudina oor haar papslaan mistykie ...
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sun Dec 22 19:48:56 UTC 2024