Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » kalkoen
kalkoen [boodskap #128383] Sa, 16 November 2019 13:55
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20786
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Kalkoen.
'n Kalkoen.
kalkoen
Afbreking: kal•koen
Uitspraak: /kalˈkun/


Selfstandige naamwoord: kalkoen
Meervoud: kalkoene
Verkleinwoord: kalkoentjie
Meervoud van verkleining: kalkoentjies

Betekenis:
• 'n Gedomestikeerde, hoenderagtige voël met belle aan die kop en nek, Meleagris gallopavo, wat in sommige lande rondom Kersfees geëet word.

Gebruik:
• 'n Kalkoen koel-koel onder die boom.

Spreekwoord:
• Nie onder 'n kalkoen uitgebroei wees nie. [Nie so dom as wat ander dink nie.]

Afgelei:
• kalkoenbelle
• kalkoeneier
• kalkoenhaan
• kalkoenhen
• kalkoenkam
• kalkoenkuiken
• kalkoenmannetjie
• kalkoennes
• kalkoenvleis
• kalkoenwyfie
• kerskalkoen

Vertaling:
Engels: turkey
Nederlands: kalkoen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: kafee
Volgende onderwerp: kaartjie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Nov 24 11:48:45 MGT 2024