Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » kaart
kaart [boodskap #128381] Sa, 16 November 2019 09:52
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20786
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Kaart van Groenland.
'n Kaart van Groenland.
Kaarte
Kaarte
kaart
Afbreking: kaart
Uitspraak: /kɑːrt/


Selfstandige naamwoord: kaart
Meervoud: kaarte
Verkleinwoord: kaartjie
Meervoud van verkleining: kaartjies

Betekenis:
• Bladsy wat lande of paaie aandui; skematiese afbeelding van 'n ruimtelike gebied op 'n plat vlak in 'n verkleinde skaal.
• Stukkie karton met mooi prentjie wat aan iemand gepos kan word.
• Stukkie karton, deel van 'n pak, wat vir verskeie speletjies gebruik word.
• Kaart om mee te betaal of om geld by 'n bank te trek; debiet- kredietkaart.

Gebruik:
• Hy het 'n kaart van die wêreld teen sy muur.
• Stuur vir my 'n kaart van die Eiffeltoring sodra jy in Parys kom.
• Is jy lus om kaart te speel? Gaan haal die kaarte, dan speel ons Rummy of Snap.
• Sy het haar kaart verloor en kan nie geld trek nie.

Spreekwoord:
• Alles op een kaart sit. [Alles in een slag wys.]
• Hy het 'n kaart in sy mou. [Hy het 'n plan wat later uitgevoer kan word.]
• Moenie jou beste kaart eerste speel nie. [Moenie jou beste argument of grootste voordeel dadelik gebruik nie.]

Afgelei:
• flitskaart
• kaartleser
• kaartmaker
• kaartman
• kaartpapier
• kaartponser
• kreditekaart
• padkaart
• poskaart
• roetekaart
• werkkaart

Vertaling:
Engels: map, card, chart
Nederlands: kaart

Nota:
• Moenie "kaart" met "kaard" verwar nie.

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: kaal
Volgende onderwerp: kafee
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Nov 24 11:59:37 MGT 2024