kaal [boodskap #128380] |
Sat, 16 November 2019 09:38 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
kaal
Afbreking: kaal
Byvoeglike naamwoord: kaal
Vergrotende trap: kaler
Oortreffende trap: kaalste
Attributief: kaal (kale)
Partitief: kaals
Intensief: poedelnakendkaal, poedelkaal, winterkaal
Betekenis:
• Nie bedek nie; sonder (of met baie min) klere, hare, vere, skoene of blare.
Gebruik:
• Die vloer lyk kaal sonder die matte.
Spreekwoord:
• Sy is rot en kaal besteel. [Alles is gesteel.]
• Kaal van iets afkom. [Sleg, met skade van iets afkom.]
• Iemand kaal uittrek. [Iemand beroof van alles wat hy het.]
Vergelyking:
• So kaal soos 'n rot.
• So kaal soos my vinger.
Sinoniem:
• naak
• Adamsgewaad
Afgelei:
• kaalbas
• kaalbeen
• kaalblaar
• kaalblad
• kaalbors
• kaaldoring
• kaalgaar
• kaalgat
• kaalhand
• kaalheid
• kaalkop
• kaalperske
• kaalpoot
• kaalrug
• kaalte
• kaalvoet
• kaalvuis
Vertaling:
Engels: naked, bare
Nederlands: kaal
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|