jag [boodskap #128370] |
Vr, 15 November 2019 06:32 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20799 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
jag
Afbreking: jag
Selfstandige naamwoord: jag
Meervoud: jagte
Verkleinwoord: jaggie
Meervoud van verkleining: jaggies
Betekenis:
• Wilde diere agternasit en dood, gewoonlik vir voedsel of as sport.
• (figuurlik) 'n Ernstige poging om iets in die hande te kry.
• (skeepvaart) 'n Vinnige, klein plesierboot; jagskip.
Gebruik:
• In die oertyd was jag vir die mens lewensbelangrik omdat dit naas die versamel van veldkos die enigste manier was om voedsel te bekom.
• Tydens die jag het die polisie twee misdadigers in hegtenis geneem.
• Super- en megajagte het dikwels 'n vaste professionele bemanning wat saam met die jag gehuur word.
Spreekwoord:
• Die jag is toe, maar die geweer se loop is oop. [Al is die jag toe, skiet sommige mense nog.]
Verwant:
• jaag
Afgelei:
• jagavontuur
• jagbaadjie
• jagbedryf
• jagbuit
• jagdans
• jagdier
• jagervaring
• jaggebied
• jaggeriewe
• jaggeselskap
• jaggeweer
• jaggrond
• jaghond
• jaginstink
• jagkonsessie
• jaglisensie
• jagplaas
• jagter
• jagtog
• jagtyd
Vertaling:
Engels: hunt, chase, pursuit; yacht
Nederlands: jacht
Werkwoord: jag
Verlede tyd: het gejag
Betekenis:
• Wilde diere agternasit en dood, hoofsaaklik vir voedsel.
Gebruik:
• Hulle jag ter wille van die vleis, asook die velle wat vir klere en die bou van hutte gebruik is.
Vertaling:
Engels: to hunt, chase, shoot
Nederlands: jachten
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|