instrument [boodskap #128356] |
Do, 14 November 2019 09:31 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20799 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
instrument
Afbreking: in•stru•ment
Selfstandige naamwoord: instrument
Meervoud: instrumente
Verkleinwoord: instrumentjie
Meervoud van verkleining: instrumentjies
Betekenis:
• (gereedskap) 'n Ding waarmee mens iets doen; konkrete hulpmiddel waarmee mens die een of ander taak verrig; werktuig; apparaat.
• (musiek) Iets waarmee 'n mens musiek maak; musiekinstrument.
Gebruik:
• Kan jy vir my daardie instrument aangee?
• Die viool is my gunsteling instrument.
Hiponiem:
• blaasinstrument
• slaginstrument
Afgelei:
• instrumentaal
• instrumentasie
• instrumentbaba
• instrumentbord
• instrumentemaker
• instrumentpaneel
Vertaling:
Engels: instrument, implement, tool
Nederlands: instrument
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|