Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » tarentaal
tarentaal [boodskap #128335] Di, 12 November 2019 20:09
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20799
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Tarentale
Tarentale
tarentaal
Afbreking: ta•ren•taal


Selfstandige naamwoord: tarentaal
Meervoud: tarentale
Verkleinwoord: tarentaaltjie
Meervoud van verkleining: tarentaaltjies

Betekenis:
• 'n Hoenderagtige voël van die familie Numididae.

Gebruik:
• 'n Tarentaal het 'n kaal kop met 'n lel en wit kolletjies op die vere.

Sinoniem:
• koelmetat
• poelepetaat
• poelepetater
• poelmetaan
• poelpetaan
• poelpetaat

Vertaling:
Engels: guinea‐fowl, pintado
Nederlands: parelhoenders

Nota:
• Die snaakse volksname vir 'n tarentaal is uit Frans ontleen: "poule", hoender en "pintade", gespikkeld.

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: paradoks
Volgende onderwerp: vikoenja
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Nov 28 04:31:44 MGT 2024