Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » galg
galg [boodskap #128331] Di, 12 November 2019 19:16
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20799
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Galg.
'n Galg.
galg
Afbreking: galg
Uitspraak: /χalχ/


Selfstandige naamwoord: galg
Meervoud: galge
Verkleinwoord: galgie
Meervoud van verkleining: galgies

Betekenis:
• Toestel waarmee ter dood veroordeeldes om die lewe gebring word.

Gebruik:
• Die moordenaar word na die galg gelei.

Spreekwoord:
• So slim soos die houtjie van die galg. [Baie geslepe.]
• Dis botter aan die galg smeer. [Dit is vergeefse moeite.]
• Bou 'n galg vir ander, dan hang jy self daar aan. [As jy 'n ander in die moeilikheid wil bring, oorval die ongeluk jou dikwels self.]

Afgelei:
• galgberou
• galgdood
• galgehumor
• galgemaal
• galgemaaltyd
• galgkraan
• galgpaal
• galgstut
• galgtou

Vertaling:
Engels: gallows
Nederlands: galg

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: kil
Volgende onderwerp: skedel
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Nov 28 04:35:56 MGT 2024