Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » lat
lat [boodskap #128326] Ma, 11 November 2019 20:10
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20799
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
lat
Afbreking: lat
Uitspraak: /lat/


Selfstandige naamwoord: lat
Meervoud: latte
Verkleinwoord: latjie
Meervoud van verkleining: latjies

Betekenis:
• 'n Slap stok; lang loot van 'n boom, of lang stuk geskaafde hout van beperkte dikte.
• (informeel) 'n Langerige seun of jong man.

Gebruik:
• Ten beste is die president besig om 'n lat vir sy eie agterstewe te sny.
• Ek hoop die lat is oukei.

Spreekwoord:
• Hy lê die lat in. [Iemand pak slae gee.]
• Sy loop deur die hele bos om die kromste lat te sny. ['n Meisie wat baie kêrels gehad het, maar met die treurigste trou.]

Hiponiem:
• dwarslat
• kleilat

Afgelei:
• latheining
• latwerk

Vertaling:
Engels: cane, stick
Nederlands: lat

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: vonk
Volgende onderwerp: drol
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Nov 28 04:45:29 MGT 2024