antisikloon [boodskap #128319] |
Ma, 11 November 2019 06:16 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20799 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
antisikloon
Afbreking: an•ti•si•kloon
Samestelling: anti- + sikloon
Selfstandige naamwoord: antisikloon
Meervoud: antisiklone
Verkleinwoord: antisikloontjie
Meervoud van verkleining: antisikloontjies
Betekenis:
• 'n Gebied met lugdruk wat hoër as gemiddeld is en waarvan winde af weg beweeg.
Gebruik:
• Die Kalaharihoogdruk en die Suid-Atlantiese en Suid-Indiese hoogdrukke is subtropiese antisiklone.
Sinoniem:
• hoogdruk
Antoniem:
• sikloon
Vertaling:
Engels: anticyclone
Nederlands: anticycloon
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|