Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » orkaan
orkaan [boodskap #128318] Ma, 11 November 2019 06:09
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20799
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Orkaan
Orkaan
orkaan
Afbreking: or•kaan


Selfstandige naamwoord: orkaan
Meervoud: orkane
Verkleinwoord: orkaantjie
Meervoud van verkleining: orkaantjies

Betekenis:
• 'n Besonder hewige storm.
• (figuurlik) Iets of iemand wat vinnig beweeg of verwoesting saai.

Gebruik:
• Rodepoort is in 1949 deur 'n geweldige orkaan getref wat baie mense dakloos gelaat en geweldige materiële skade aangerig het.
• Dit lyk of 'n orkaan jou kamer getref het.

Spreekwoord:
• 'n Orkaan in 'n mishoop. ['n Groot gedoente oor niks.]

Sinoniem:
• sikloon
• tifoon

Vertaling:
Engels: hurricane
Nederlands: orkaan

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: sikloon
Volgende onderwerp: antisikloon
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Nov 28 04:53:53 MGT 2024