Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » deug
- deug [boodskap #128297] Sat, 09 November 2019 16:46
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 21258
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
deug
Afbreking: deug
Uitspraak: /dɪø̯χ/


Selfstandige naamwoord: deug
Meervoud: deugde
Verkleinwoord: deugie
Meervoud van verkleining: deugies

Betekenis:
• 'n Goeie eienskap waaroor iemand beskik; sedelike voortreflikheid; goedheid.

Gebruik:
• Netheid is 'n belangrike deug.

Spreekwoord:
• Mooi vergaan, maar deug bly staan. [Mooi is van tydelike aard, maar deug blywend.]
• Skoonheid vergaan, maar deug bly staan. [Deug is meer blywend van aard as mooiheid.]
• Van die nood 'n deug maak. [Die beste gebruik van ongunstige omstandighede maak.]

Antoniem:
• ondeug

Afgelei:
• deugdelik
• deugsaam
• deugniet

Vertaling:
Engels: virtue, excellence
Nederlands: deugd


Werkwoord: deug
Verlede tyd: het gedeug
Teenwoordige deelwoord: deugende

Betekenis:
• Aan die eise van moraliteit of kwaliteit voldoen.

Gebruik:
• Die plan sal nie deug nie.

Vertaling:
Engels: to be good for, serve
Nederlands: deugen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: ysig
Volgende onderwerp: liefdesbrief
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wed Feb 19 16:26:44 UTC 2025