vers [boodskap #128284] |
Sa, 09 November 2019 08:10 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20785 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
vers
Afbreking: vers
Uitspraak: /fɛrs/
Selfstandige naamwoord: vers
Meervoud: verse
Verkleinwoord: versie
Meervoud van verkleining: versies
Betekenis:
• 'n Kort gedig of 'n gedeelte van 'n gedig (strofe, koeplet).
• 'n Deel van 'n lied.
• 'n Genommerde sin of paragraaf in die Bybel.
• 'n Jong koei wat nog nie gekalf het nie.
Gebruik:
• Wat se tipe rym word in die vers gebruik?
• Kom ons sing die lied se tweede vers.
• Ons lees uit Levitikus 2 vers 3.
• Die boer paar sy verse op 15-16 maande om op ongeveer twee jaar te kalf.
Spreekwoord:
• Met vers en kapittel bewys. [Behoorlik in fyn besonderhede bewys.]
Afgelei:
• versmaat
• versreël
Vertaling:
Engels: verse, stanza, poem
Nederlands: vers
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|