Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » lap
lap [boodskap #128281] Sa., 09 November 2019 07:37
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 24212
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
lap
Afbreking: lap
Uitspraak: /lap/


Selfstandige naamwoord: lap
Meervoud: lappe
Verkleinwoord: lappie
Meervoud van verkleining: lappies

Betekenis:
• 'n Doek of ander weefstof; materiaal waarvan klere en linne gemaak word.
• 'n Stuk van iets.

Gebruik:
• Sy soek 'n mooi lap om 'n rok te maak.
• Hy kamp 'n lap grond vir die beeste af.

Spreekwoord:
• Dis soos 'n rooi lap voor 'n bul. [Iets wat iemand briesend maak.]

Afgelei:
• afveelap
• borslap
• goiinglap
• lappop
• loslap
• morslap
• smeerlap
• stoflap
• waslap

Vertaling:
Engels: cloth, rag; patch, piece
Nederlands: lap


Werkwoord: lap
Verlede tyd: het gelap
Teenwoordige deelwoord: lappend, lappende
Verlede deelwoord: gelapte

Betekenis:
• Om 'n lap op te sit; regmaak; heelmaak; herstel.

Gebruik:
• Sy lap die stukkende broek.

Vertaling:
Engels: to patch, mend
Nederlands: lappen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: rym
Volgende onderwerp: fantasie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr. Des. 26 22:28:06 UTC 2025