Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » seën
seën [boodskap #128274] Vr, 08 November 2019 12:33
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20799
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
seën
Afbreking: se•ën
Uitspraak: /sɪə̯n/


Selfstandige naamwoord: seën
Meervoud: seënings, seëninge
Verkleinwoord: seëninkie
Meervoud van verkleining: seëninkies

Betekenis:
• God se guns wat oor iets uitspreek is; Goddelike bystand; 'n heilswens.
• Wat tot 'n mens se voordeel is; wat voorspoed en geluk bring.

Gebruik:
• Die dominee het die seën oor die gemeente uitgespreek.
• Sy is 'n seën vir die mensdom.

Vertaling:
Engels: blessing
Nederlands: zegen


Werkwoord: seën
Verlede tyd: het geseën
Teenwoordige deelwoord: seënende

Betekenis:
• Die voorspoed en geluk oor iets uitspreek.
• (eufemisties) Straf of ernstig betig.

Gebruik:
• Sy het die hamer geseën waarmee sy inbrekers moer.
• Pa gaan ons seën as ons die biltong steel.

Antoniem:
• vervloek

Vertaling:
Engels: to bless
Nederlands: zegenen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: sug
Volgende onderwerp: assosiaat
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Nov 28 02:28:59 MGT 2024