Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » sug
sug [boodskap #128273] Vr, 08 November 2019 12:13
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20785
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
sug
Afbreking: sug
Uitspraak: /sœχ/


Werkwoord: sug
Verlede tyd: het gesug
Teenwoordige deelwoord: sugtende

Betekenis:
• Die asem hard uitblaas, meestal as uiting van frustrasie.

Gebruik:
• Hou op sug en eet jou kos!

Afgelei:
• sugtend

Vertaling:
Engels: to sigh
Nederlands: zuchten


Selfstandige naamwoord: sug
Meervoud: sugte
Verkleinwoord: suggie
Meervoud van verkleining: suggies

Betekenis:
• Hoorbaar diep uitasem.
• Sterk drang of begeerte na iets.
• Die etterige vog van 'n sweer.

Gebruik:
• Sjoe, ons kan 'n sug van verligting slaak!
• Ons sug na vryheid en 'n toekoms vir ons kinders.
• Daar kom steeds sug uit die wond.

Afgelei:
• sugting

Vertaling:
Engels: sigh; desire, passion; pus
Nederlands: zucht

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: tou
Volgende onderwerp: seën
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Nov 24 09:54:48 MGT 2024