Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » tou
tou [boodskap #128272] Fri, 08 November 2019 06:04
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20946
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Tou.
'n Tou.
tou
Afbreking: tou
Uitspraak: /tœu̯/


Selfstandige naamwoord: tou
Meervoud: toue
Verkleinwoord: toutjie
Meervoud van verkleining: toutjies

Betekenis:
• Toerusting waarmee dinge aan mekaar gebind word.
• 'n Lang ry mense wat op iets wag.

Gebruik:
• 'n Tou bestaan uit drade wat wat in mekaar gevleg is.
• Die mense staan in 'n tou by die bank om geld te trek.

Spreekwoord:
• Iets op tou sit. [Iets begin.]
• Hy gooi tou op. [Moed verloor; doodgaan; ophou met iets.]
• Hy het oor die tou getrap. [Hy het 'n misstap begaan.]
• Dis nooit te laat om tou op te gooi nie. ['n Mens moenie onnodig aanhou met 'n saak nie.]

Verwant:
• koord
• draad
• kabel
• lyn

Vertaling:
Engels: rope, cord
Nederlands: touw

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: skim
Volgende onderwerp: sug
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Fri Dec 27 22:49:45 UTC 2024