| veras [boodskap #128264] |
Do., 07 November 2019 12:55 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24254 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
veras
Afbreking: ver•as
Uitspraak: /fərˈas/
Werkwoord: veras
Verlede tyd: het veras
Teenwoordige deelwoord: verassende
Betekenis:
• Om tot as te verbrand.
Gebruik:
• Die hawelose man se oorskot word môre veras.
Sinoniem:
• kremeer
• verbrand
Afgelei:
• verasser
• verassing
Vertaling:
Engels: to cremate, incinerate
Nederlands: verassen
Byvoeglike naamwoord: veras
Attributief: veraste
Betekenis:
• Wat tot as verbrand is.
Gebruik:
• Die wind warrel die veraste flenters soos sneeuvlokkies oor die grond.
Wisselvorm:
• verasde (minder algemeen)
Vertaling:
Engels: cremated, incinerated
Nederlands: verast
Nota:
• Moenie "veras" met "verras" (onkant vang) verwar nie.
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|