Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » ketel
ketel [boodskap #128263] Do, 07 November 2019 12:42
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20785
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Ketel.
'n Ketel.
ketel
Afbreking: ke•tel
Uitspraak: /ˈkɪə̯.təl/


Selfstandige naamwoord: ketel
Meervoud: ketels
Verkleinwoord: keteltjie
Meervoud van verkleining: keteltjies

Betekenis:
• Huishoudelike toestel met 'n deksel, handvatsel en tuit waarin water gekook word.
• Groot silindriese vat waarin spiritualieë gestook word.

Gebruik:
• Sy skakel die ketel aan en maak vir hulle tee.
• Die ketel word gebruik om witblits te stook.

Spreekwoord:
• Hy het die ketel aan die tuit beet. [Hy pak die saak verkeerd aan.]
• Die pot verwyt die ketel. ['n Ander vir 'n fout blameer wat jyself ook aan skuldig is.]

Afgelei:
• brandewynketel
• fluitketel
• ketelaanpaksel
• keteldeksel
• keteldruk
• ketelhaak
• ketelhingsel
• ketelmaker
• ketelsmid
• ketelstoker
• keteltuit
• ketelvormig
• ketelwater
• stoomketel

Vertaling:
Engels: kettle, boiler
Nederlands: ketel

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: triargie
Volgende onderwerp: veras
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Nov 24 09:52:10 MGT 2024