Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » noot
noot [boodskap #128255] Thu, 07 November 2019 08:49
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20946
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Musieknoot.
'n Musieknoot.
noot
Afbreking: noot
Uitspraak: /nʊə̯t/


Selfstandige naamwoord: noot
Meervoud: note
Verkleinwoord: nootjie
Meervoud van verkleining: nootjies

Betekenis:
• 'n Musiekgeluid of skrifteken vir 'n klank van sekere tydsduur en toonhoogte.
• Geld wat van papier gemaak is; papiergeld.

Gebruik:
• Daai noot was vals. Sy kan die hoë note sing.
• Ek het baie munte, maar net een noot in my beursie.

Spreekwoord:
• 'n Noot rek soos 'n voorslagriempie. ['n Noot langer rek as wat nodig is.]

Homofoon:
• nood (haglike toestand)

Afgelei:
• banknoot
• musieknoot
• nootvas

Vertaling:
Engels: note
Nederlands: noot

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: lip
Volgende onderwerp: nood
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Fri Dec 27 22:51:07 UTC 2024