Tuis » Taal » Woordeboek » spoel
spoel [boodskap #128247] |
Thu, 07 November 2019 06:24 |
![](/images/custom_avatars/4607.png) |
Leksikograaf
Boodskappe: 21258 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
spoel
Afbreking: spoel
Uitspraak: /spul/
Werkwoord: spoel
Verlede tyd: het gespoel
Teenwoordige deelwoord: spoelende
Betekenis:
• In vloeistof beweeg.
• Vloeistof wat stroom of vloei.
• Iets skoon was; in vloeistof reinig; afspoel.
Gebruik:
• Die branders spoel skulpe op die strand uit.
• Die stroom spoel die vrugbare grond weg.
• Spoel die appel af voordat jy dit eet.
Spreekwoord:
• Die tyd se stroompie spoel die klippe glad. [Met verloop van tyd verdwyn die onaangenaamheid.]
Afgelei:
• spoeldiamant
• spoelgrond
• spoelgruis
• spoelsloot
• spoeltoilet
Verwant:
• afspoel
• uitspoel
• verspoel
• wegspoel
Vertaling:
Engels: to flow, stream; to wash, rinse
Nederlands: spoelen
Selfstandige naamwoord: spoel
Meervoud: spoele
Verkleinwoord: spoeletjie
Meervoud van verkleining: spoeletjies
Betekenis:
• 'n Silindriese vorm (klos) waarom iets (soos 'n tou of draad) gewen word.
Gebruik:
• Sy sit 'n nuwe spoel garing op die naaimasjien.
Vertaling:
Engels: spool
Nederlands: spoel
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|
![Stuur antwoord](/theme/default/images/post_reply.gif) |
Vorige onderwerp: |
tiet |
Volgende onderwerp: |
sloep |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [ ![XML-voer RSS](/theme/default/images/rss.gif) ]
Tyd nou: Wed Feb 19 16:36:20 UTC 2025
|