Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » klei
klei [boodskap #128245] Wed, 06 November 2019 19:57
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20946
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Ou kleitablet.
'n Ou kleitablet.
klei
Afbreking: klei
Uitspraak: /kləi̯/


Selfstandige naamwoord: klei
Meervoud: kleie
Verkleinwoord: kleitjie
Meervoud van verkleining: kleitjies

Betekenis:
• Fyn, klewerige grond wat hard word as dit gebak word en waarvan bakstene en potte gemaak word.

Gebruik:
• Sand bestaan gewoonlik uit klein rotsblokkies, terwyl klei uit klein plaatjies bestaan.

Spreekwoord:
• Hy trap klei. [Rondval om uit die moeilikheid te kom.]
• Dit is 'n afgod met voete van klei. [Iets waarop jy nie kan staatmaak nie.]

Afgelei:
• kleiaarde
• kleiafsetting
• kleibaksteen
• kleigat
• kleigesteente
• kleigroef
• kleigrond
• kleihoudend
• kleiklip
• kleilaag
• kleilat
• kleilatgeveg
• kleilatoorlog
• kleimasker
• kleios
• kleipot
• kleitablet
• kleitrap
• messelklei
• pleisterklei

Vertaling:
Engels: clay
Nederlands: klei

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: leuen
Volgende onderwerp: tiet
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Fri Dec 27 22:10:24 UTC 2024