kim [boodskap #128239] |
Wo, 06 November 2019 05:25 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20785 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
kim
Afbreking: kim
Uitspraak: /kəm/
Selfstandige naamwoord: kim
Meervoud: kimme
Verkleinwoord: kimmetjie
Meervoud van verkleining: kimmetjies
Betekenis:
• Sover as 'n mens kan sien; die rand van die vertes.
• Skimmel (of vlokkies) wat op kos soos konfyt en wyn vorm.
Gebruik:
• Die son rys bo die kim.
• Penisilline is 'n produk van die kim Penicillium notatum.
Sinoniem:
• horison
• gesigseinder
Afgelei:
• oosterkim
• westerkim
Vertaling:
Engels: horizon, skyline
Nederlands: kim
Werkwoord: kim
Verlede tyd: het gekim
Betekenis:
• Skimmel vorm.
Gebruik:
• Die konfyt het gekim.
Vertaling:
Engels: to grow moldy
Nederlands: schimmelen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|