meedoënloos [boodskap #128233] |
Ma, 04 November 2019 18:50 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20785 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
meedoënloos
Afbreking: mee•do•ën•loos
Byvoeglike naamwoord: meedoënloos
Vergrotende trap: meedoënloser
Oortreffende trap: meedoënloosste
Attributief: meedoënlose
Betekenis:
• Sonder enige genade, simpatie of medelye.
Gebruik:
• Die leeu was meedoënloos en het die bok sonder moeite platgetrek.
• Tyd stap meedoënloos aan en verander elke wese elke dag.
Sinoniem:
• genadeloos
• ongenadig
• hardvogtig
Afgelei:
• meedoënloosheid
Vertaling:
Engels: ruthless, merciless, pitiless; relentless, remorseless
Nederlands: meedogenloos
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|