Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » herinnering
herinnering [boodskap #128232] Ma, 04 November 2019 07:04
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19058
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
herinnering
Afbreking: her•in•ne•ring
Uitspraak: /ˌɦɛˈrən(ə).rəŋ/, /ˌɦɛrˈən(ə).rəŋ/


Selfstandige naamwoord: herinnering
Meervoud: herinneringe, herinnerings
Verkleinwoord: herinnerinkie
Meervoud van verkleining: herinnerinkies

Betekenis:
• Die oproep van 'n gebeurtenis of ervaring vanuit die verlede.
• Iets wat 'n mens aan iets laat terugdink (soos 'n soewenier of monument).

Gebruik:
• Daar is te veel goeie herinneringe om van te kies.
• 'n Monument is ter herinnering van hierdie gebeurtenis opgerig.

Sinoniem:
• gedagte
• nagedagtenis
• terugblik
• terugflits

Afgelei:
• herinneringsvermoë
• lewensherinnering
• oorlogsherinnering
• reisherinnering
• vakansieherinnering

Vertaling:
Engels: remembrance, recollection, memory
Nederlands: herinnering

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: kwyl
Volgende onderwerp: meedoënloos
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 22 22:29:47 MGT 2024