Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » hoeveelheid
hoeveelheid [boodskap #128224] So, 03 November 2019 19:12
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20785
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
hoeveelheid
Afbreking: hoe•veel•heid


Selfstandige naamwoord: hoeveelheid
Meervoud: hoeveelhede
Verkleinwoord: hoeveelheidjie
Meervoud van verkleining: hoeveelheidjies

Betekenis:
• Dui 'n aantal aan wanneer mens nie presies weet wat die getal is; die kwantiteit waarin iets aanwesig is; porsie of gedeelte van iets wat gewoonlik nie (een vir een) getel word nie.

Gebruik:
• 'n Groot hoeveelheid mense het die funksie bygewoon.
• Geen hoeveelheid alkohol is veilig tydens swangerskap nie.

Sinoniem:
• kwantiteit
• aantal
• getal

Afkorting:
• hoev.

Vertaling:
Engels: amount, quantity
Nederlands: hoeveelheid

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: hoera
Volgende onderwerp: hokkie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Nov 24 09:33:27 MGT 2024