papier [boodskap #128204] |
Sat, 02 November 2019 19:28 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
papier
Afbreking: pa•pier
Uitspraak: /paˈpiːr/
Selfstandige naamwoord: papier
Meervoud: papiere
Verkleinwoord: papiertjie
Meervoud van verkleining: papiertjies
Betekenis:
• 'n Dun vel veselagtige materiaal waarop mens kan skryf of letters druk.
• Amptelike bewysstuk; dokument met inligting.
Gebruik:
• Hy skryf sy resensie op 'n stukkie papier.
• Dis 'n opregte hond met papiere en alles.
Spreekwoord:
• Papier is geduldig. ['n Mens kan enige onsin en leuens neerskryf.]
Hiponiem:
• afdrukpapier
• bakpapier
• bruinpapier
• geskenkpapier
• kladpapier
• kleefpapier
• koerantpapier
• muurpapier
• skryfpapier
• toiletpapier
Afgelei:
• papierbeker
• papierbord
• papiermeule
• papierstrooitjie
Vertaling:
Engels: paper
Nederlands: papier
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|