Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » handskoen
handskoen [boodskap #128189] Sat, 02 November 2019 06:16
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20946
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Weggooibare handskoen.
'n Weggooibare handskoen.
handskoen
Afbreking: hand•skoen
Samestelling: hand + skoen
Uitspraak: /ˈɦant.skun/


Selfstandige naamwoord: handskoen
Meervoud: handskoene
Verkleinwoord: handskoentjie
Meervoud van verkleining: handskoentjies

Betekenis:
• Kledingstuk wat die hande warm hou of beskerm.

Gebruik:
• Ek het my handskoen êrens verloor.

Spreekwoord:
• Sy trou met die handskoen. [By die afwesigheid van die bruidegom die huwelikseremonie met sy gevolmagtigde deurgaan.]

Afgelei:
• handskoenduim
• handskoenvinger
• handskoenfabriek
• handskoenmaker
• handskoenwinkel
• bokshandskoen

Vertaling:
Engels: glove, gauntlet
Nederlands: handschoen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: handsak
Volgende onderwerp: handtekening
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Fri Dec 27 11:40:08 UTC 2024