onbesproke [boodskap #128186] |
Sat, 02 November 2019 05:39 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
onbesproke
Afbreking: on•be•spro•ke
Byvoeglike naamwoord: onbesproke
Vergrotende trap: meer onbesproke
Oortreffende trap: mees onbesproke
Betekenis:
• Waarvan nie kwaadgepraat kan word nie; sonder blaam of smet; onberispelik.
Gebruik:
• Almal wil hê ander moet dink hulle is van onbesproke karakter.
• Sy is eerlik, godsdienstig, liefdevol en onbesproke van gedrag.
Spreekwoord:
• Sy handel en wandel is onbesproke. [Daar kan niks slegs oor sy optrede gesê word nie.]
Antoniem:
• veelbesproke
Afgelei:
• onbesprokenheid
Vertaling:
Engels: irreproachable, blameless
Nederlands: onbesproken
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|