Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » kolonie
kolonie [boodskap #128184] Vr, 01 November 2019 18:21
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20799
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Voormalige kolonies in Afrika (1897).
Voormalige kolonies in Afrika (1897).
kolonie
Afbreking: ko•lo•nie


Selfstandige naamwoord: kolonie
Meervoud: kolonies
Verkleinwoord: kolonietjie
Meervoud van verkleining: kolonietjies

Betekenis:
• 'n Gebied of staat wat onder die heerskap van 'n ander land is.
• Hervestiging van 'n deel van 'n volk buite die volk se eie territorium; volksplanting.
• (biologie) 'n Samelewingsvorm van diere wat in groot groepe woon.

Gebruik:
• Suid-Afrika was 'n Nederlandse en 'n Engelse kolonie.
• Van Riebeeck en 90 koloniste land op 6 April 1652 in Tafelbaai om die VOC-skepe wat by die kolonie aandoen van vars groente en vrugte te voorsien.
• 'n Kolonie miere het op ons toegesak. 'n Kolonie bye het 'n korf onder die dakrand gebou.

Afgelei:
• strafkolonie
• kroonkolonie
• kolonisasie
• koloniseer
• kolonievormend
• koloniaal
• kolonis

Vertaling:
Engels: colony, settlement
Nederlands: kolonie

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: eensaamheid
Volgende onderwerp: mossel
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Nov 28 04:20:24 MGT 2024