mummie [boodskap #128176] |
Wed, 30 October 2019 06:47 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
mummie
Afbreking: mum•mie
Uitspraak: /ˈmœ.mi/
Selfstandige naamwoord: mummie
Meervoud: mummies
Verkleinwoord: mummietjie
Meervoud van verkleining: mummietjies
Betekenis:
• Die liggaam van 'n mens of dier wat deur uitdroging en/of balseming bewaar is; gebalsemde lyk.
Gebruik:
• Die oudste bekende mummie is 'n 6000 jaar oue afgekapte kop wat in 1936 in Suid-Amerika ontdek is.
Afgelei:
• mummifikasie
• mummifisering
• mummifiseer
Vertaling:
Engels: mummy
Nederlands: mummie
Nota:
• Die woord "mummie" is afgelei van die Latynse mumia, 'n leenwoord uit Arabies (mūmiya, مومياء) en Persies (mūm, "was").
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|