opname [boodskap #128169] |
Tue, 29 October 2019 11:59 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
opname
Afbreking: op•name
Uitspraak: /ˈɔpˌnɑː.mə/
Selfstandige naamwoord: opname
Meervoud: opnames
Verkleinwoord: opnametjie
Meervoud van verkleining: opnametjies
Betekenis:
• Die vaslegging van klank en/of beeld op 'n medium of draer (soos op 'n foto, band of grammofoonplaat).
• Die toelating van 'n persoon tot 'n groep of inrigting (soos 'n pasiënt by 'n hospitaal of kliniek).
• Die insameling van gegewens (soos met 'n opmeting, peiling of steekproef).
Gebruik:
• 'n Opname van die konsert sal na die tyd by die deure te koop wees.
• Die beseerde se opname is weens 'n gebrek aan administratiewe personeel vertraag.
• Hy maak 'n opname van sy bates en laste.
Afgelei:
• bandopname
• beeldopname
• data-opname
• hospitaalopname
• klankopname
• kliniekopname
• foto-opname
• opinie-opname
• plaatopname
• radio-opname
• roofopname
• televisieopname
• tydopname
• video-opname
• voorraadopname
• wateropname
Vertaling:
Engels: recording; acceptance, admission; survey
Nederlands: opname; opname; enquête
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|