Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » fossiel
fossiel [boodskap #128163] Ma, 28 Oktober 2019 19:00
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20799
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Kalksteen waarin fossiele vasgevang is.
Kalksteen waarin fossiele vasgevang is.
fossiel
Afbreking: fos•siel


Selfstandige naamwoord: fossiel
Meervoud: fossiele
Verkleinwoord: fossieltjie
Meervoud van verkleining: fossieltjies

Betekenis:
• (geologie) Oorblyfsel van lewensvorme uit die verlede of 'n afdruk daarvan in gesteentes.
• Persoon met verstarde, ouderwetse opvattinge.

Gebruik:
Fossiele kom redelik algemeen regoor die wêreld voor, maar slegs ’n klein hoeveelheid lewendige organismes word uiteindelik fossiele.
• Die arme fossiel weet nie eers hoe 'n rekenaar werk nie.

Afgelei:
• fossielbrandstof
• fossielrekord
• fossielplant
• taalfossiel

Vertaling:
Engels: fossil
Nederlands: fossiel


Byvoeglike naamwoord: fossiel
Attributief: fossiele

Betekenis:
• Wat tot 'n fossiel gevorm is.

Gebruik:
• Aardgas is 'n fossiele brandstof.
Fossiele reste van mammoete is gevind.

Afgelei:
• fossielagtig

Vertaling:
Engels: fossil
Nederlands: fossiel

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: resep
Volgende onderwerp: onbeduidend
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Nov 28 03:06:27 MGT 2024