Leksikograaf Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
hakie
Afbreking: hakie
Selfstandige naamwoord: hakie
Meervoud: hakies
Betekenis:
• Skryfteken wat 'n mens vir afbakening om woorde of 'n deel van 'n sin plaas.
• Die verkleiningsvorm van "haak". 'n Klein stuk metaal waaraan mens iets ophang.
Gebruik:
• Daar is verskillende soorte hakies: ronde hakies (), krulhakies {}, punthakies <> en blokhakies [].
• Kap vir my 'n hakie in die muur om die skildery op te hang.
Vertaling:
Engels: bracket
Nederlands: haakjes
Nota:
• "Hakies" (haak) is vir woorde, maar "hakkies" (hak) is vir skoene.
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.